Hier onder volg ‘n hele paar vloekwoorde, so as jy nie wil lees nie, moenie.
Archive for the Category » Alledaagse dinge «
Was die strate skoon en die sypaadjies netjies. Die tuine was pragtig en goed versorg.
Die mense het in die aande gestap sonder om bedreig te voel. Hulle het gelag en gesels. Kinders wat tot skemer speel en baljaar. Verliefde paartjies wat hand aan hand loop. Oumense wat op die stoep sit en kyk hoe die son ondergaan.
Die treine was onderhou en treinry was lekker. Busse het gereeld gedreun.
Die kinders het sommer die buitekraan oopgedraai en water uit die tuinslang gedrink. Deure is oop laat staan om die wind in die huis in te nooi.
Daar was nie borrelende riool in die strate, verkragting, verminking, roof, moord en ʼn barbaarse plundery op groot skaal nie.
Staatsgeboue was nie deur gatte getrek en alles laat verval tot erger as ʼn krot nes nie. Sunnyside het nie na pis geruik nie.
Munisipale bestuurders het kennis gehad en was goed opgelei. Die beste kandidaat het die beste werk gelewer.
Blou ligte was bo-op ʼn geel bakkie en die manne in blou het hulle werk toegewyd en na die beste van hulle vermoë gedoen. Elke windgat bliksem en sy maat het nie ʼn blou lig gehad nie.
Misdadigers het wye draai geloop en fyn getrap. Die arm van die gereg was sterk en lank.
Pretoria is nie meer nie. Lankal nie meer nie. Verander die fokken plek se naam na Tshwane toe en kry klaar. Selfs hoere verander hulle name want hulle weet jou naam pas by wat jy is en wat jy doen.
Nee, jy sal nooit die kar was nie. Ek weet die kar is vol stof, maar jy gaan met jou emmer modderwater en stuk lap die sand skuur oor die verf van die kar.
Ek kan my pakkies self kar toe dra. Daar is niks fout met my bene of arms of hande nie.
Ek is nie stupid nie, as ek 5 kaste bier koop en die kar is ver geparkeer, laai ek my bier in ʼn trollie.
Ek kan die fokken trollie self stoot.
Ek kan my pakkies self in die kar laai.
Ek kan bestuur, van motorfiets tot kar tot trok en selfs ʼn vliegtuig as ek FlightGear speel.
…of gaste wat te laaaank bly.
Party mense daag mos op en wil dan nie gaan nie. Hulle skrop nes. Een aand word twee word ʼn week word twee weke word ʼn maand…
Daai neef van jou wat sopas uit die tronk gekom het en by jou wil crash net totdat hy ʼn job het, of jou niggie die dwelmslaaf wat net die een aand wil bly, of jou swaer die luigat wat alweer sy job gelos het en net twee dae wil bly sodat hy sy voete weer kan vind…
Ek weet selfs van iemand wat na die Rhino bike rally een jaar nie wou skoert by die mense by wie hy oorgeslaap het nie omdat die rally volgens hom te kort was en hy nog wou kuier tot wie weet wanneer, bogger sy vrou en kind by die huis. Hy suip toe in die dag en vreet in die aand die mense se koskaste leeg en slaap sy roes af tot laat in die oggende. As hulle hom vra om te waai, waai hy na die hotel se kroeg toe en dan kom hy dronk die aand by die huis en as hulle hom dan vra om te fokof, wel, dis altyd ʼn gesukkel om met ʼn dronk mens te praat.
Iemand wat aan die begin met ope arms ontvang is, kan dalk later ook langer bly as wat hy/sy moet en dit veroorsaak wrywing in mens se lewe. Jou vrou is vies oor die tronkvoël in die huis, jy is vies oor jou swaer wat so lui is en die huis is net nie meer soos dit was voordat jou vrou se kleinboet ʼn dag voor die matriekeindeksamen besluit het om skool te drop en by julle te kom intrek terwyl hy werk soek nie. As iemand met die perfekte agtergrond nes skrop, is dit ook nie reg nie. Jy het mos nie gevra vir iemand om die huis met jou gesin te deel nie.
Voorsorg is beter as nasorg.
Spasie. Afstand. ʼn Afskrikmiddel.
Dit beteken ʼn heining om die huis, soos wat die huise in SA het a.g.v. die misdaad sodat die gas nie sommer aan jou voordeur kan klop nie en natuurlik ʼn hond dat hy nie oor die heining sal wil klim nie. As die nefie wat laas opgedaag het vir een aand en toe ʼn maand gebly het weer opdaag, moenie eers terug antwoord oor die interkom of na die hek toe loop nie. Maak die hond los en gaan aan soos gewoonweg.
Hei, die een kan selfs werk op groot skaal, soos ʼn grensdraad op die landsgrense en ʼn weermag in plaas van ʼn hond om ongewenste besoekers uit te hou.
As die afstand en afskrikmiddel oorkom is
Shit happens. Dalk as jy weer sien staan die tronkvoël reg voor jou voordeur en streel die hond se kop. Dis die tyd wat jy moet kophou. Die drempel by jou voordeur mag nie oorgesteek word nie.
Vat die tronkvoël aan sy skouers, skud jou kop asof jy baie hartseer is en sê: “Dis seker vir jou lekker om uit te wees, maar hier gaan jy vasgedruk voel. Gaan geniet jou vryheid!”. Dan draai jy hom vinnig en ferm aan sy skouers dat hy anderkant toe kyk, stamp hom op die rug in die rigting van die hek, maak die deur toe, sluit die deur, haak die ketting in en aktiveer die alarm.
Die alarm gee mos so 30 sekondes dat jy uit die huis kan kom, maar jy gaan nie uit nie. Jy kyk deur die voordeur se loergaatjie of die tronkvoël wel op pad uit is— as hy nog rondhang, sal die alarm afgaan na 30 sekondes, want jy beweeg mos in die huis. Dit behoort hom gou spore te laat maak. Kyk die hond kwaai aan.
As jou lui swaer daar staan, praat werk met hom, terwyl jy stadig na die voorhek toe loop. Praat iets soos die hele tuin omspit of die dak afskuur en verf of ʼn rotstuin bou met moerse klippe. As julle gevorder het tot by die hek, maak die hek oop, help hom uit, maak die hek toe en sê koebaai, jy het werk wat wag. Kyk die hond kwaai aan.
As jou vrou se niggie die dwelmverslaafde daar staan, klap die deur toe en gee die hond ʼn vuil kyk. Ignoreer enige verdere geklop. Die onttrekking sal wel begin en dan sal sy die pad vat opsoek na haar fix.
Vir iemand wat uit die skool gedrop het, sê iets in die lyn van: “Fok ou dis moerse cool! Jy het ʼn free spirit. Gaan reis deur die wêreld, moenie dat iemand jou keer nie! Die N1 is net hier agter, duimgooi en wees vry!” dan draai jy hom ook om en help in die rigting van die hek in. Ignoreer enige verdere geklop. Skakel die sproeiers aan. Kyk die hond kwaai aan.
As die persoon in jou voorportaal staan
Woorde soos “Welkom, maak jouself tuis!” moet jy nie gebruik nie, sê eerder “Hallo! My wêreld, ek kort net iemand om die huis te verf! Jy het mos nie ʼn werk nou nie! Hier is die skuurpapier, verf, terpentyn en kwaste, maak jouself handig.”
Jy moenie die braaivleisvuur aansteek en die bier uithaal nie. Sit brood en margarine op die kas neer. Die krane werk.
Daar word nie gebel of jou selfoon geleen om gou ʼn SMS te stuur nie. Die verfwerk wag.
As die persoon jou drempel oortree het en in jou huis staan, moet jy net een gedagte in jou kop het: Gratis slawearbeid het opgedaag en not ʼn fok sal jou sekslewe weer versteur word soos die vorige keer die die lui swaer heeltyd in die pad was en niemand privaatheid gegun het nie / die dwelmslaaf tot jou kondome gebruik het as ʼn elastiese band om rondom haar bo-arm te draai as sy ʼn aar gesoek het / ensovoorts.
Geen Internet. Geen games. Die verfwerk wag.
Geen TV nie. Die verfwerk wag.
Geen popcorn en DVD’s nie. Die verfwerk wag.
Geen klere leen om uit te gaan nie. Die vodde is ideaal vir die verfwerk.
Geen geld word geleen nie. Die verfwerk wag, nie die winkels nie.
Geen “Kom ons gaan jol vanaand!” nie. Nooit nie. Die verfwerk wag.
Moenie sag raak nie. Die vorige keer was jy uitgebuit. As die verfwerk gedoen word sonder ʼn gekla, is dit te min. Tap jou slaaf leeg. Verf, tuinmaak, vloere skrop, die dak verf, die driveway skrop…
Have a heart. As AL die werk klaar is… nah los dit. Geen genade.
Desember is om die draai. Ek dink daar is baie mense wat by die see bly wat weer gratis verblyf moet verskaf en klomp kuiermense gaan kry…
Verlede Woensdag het Donald toe by ons kom braai.
Dit was warm, so ek was besig om te swem toe hy daar opdaag. “Fuck Fe r” het in wit op sy moulose grys T-hemp gestaan. Ek het amper water gesluk van die lag toe ek dit sien, want Fuck Fear T-hemde het ek en Neels gedra toe ons windgat was in Standerd 7. En ons hemde was swart en die “a” van Fear nie uitgewas nie.
Hy sit toe my CD op die tafeltjie neer en vra om verskoning vir die Blu-ray speler se laaitjie. “Sorry man. Dis die roids. Dis die fokken roids!”
Ma het toe gelukkig verder met die steroid junkie gepraat en ek het uit die swembad geklim en ʼn bier geknak.
Ek moes dit eintlik geraai het. Roids Man kyk toe afkeurend na my bier en haal ʼn bottel Stroh en ses blikkies Red Bull uit. Dis glo al wat hy drink. Stroh en Bull.
Toe begin ek ongemaklik voel, want hy kyk my lyf uit. A ʼn steroid-befokte krag-aap my lyf begin uitkyk, raak ek ongemaklik, so toe gaan trek ek my hemp aan en knak nog ʼn bier en gaan sit op ʼn ander plek, so skuins agter Oom Greg wat ook buite gaan sit het.
Donald vertel toe dat hy ʼn Recce was. Spesmagte. Operator.
Nee hy was nie in Angola nie want hy was “ongelukkig te jonk”. Hy is nou eers 36, Angola was ongelukkig voor sy tyd.
36? Hene maar dan het die steroids hom mos al lekker opgefok want hy lyk verby 40.
Watse rang het hy gehad?
“Eers bombardier en toe luitenant.”
“O, so in watter korps was jy eers? Artillerie of Lugafweer?” vra Oom Greg toe.
“Hoekom?” vra Donald.
“Want jy sê dan jy was ʼn bombardier,” sê Oom Greg en ek hoor sommer hy dink ook Donald praat ʼn groot pot kak.
Toe verduidelik Donald nee hy mag nie sê nie want hy “word gedwing tot geheimhouding” en omdat hy op “sekere plekke” operasioneel was, is sy lêers vernietig en het hy ook nooit sy kenteken gekry nie. Toe word hy na ʼn paar jaar ʼn huursoldaat, Franse Vreemde Legioen.
“Maar hulle is mos nie huursoldate nie? Hulle lewer mos nie dienste aan diegene wat die meeste betaal nie, maar is professionele soldate in diens van Frankryk,” sê Oom Greg toe.
Donald mompel toe iets van hy gaan kyk war Lucille is en gaan in die huis in.
“Die doos praat sy kop se kak,” sê Oom Greg toe vir my. “Maar kom ons maak vuur en knak nog ʼn bier. Waar draai jou Pa so?”
“Nee ek weet nie, Oom, hy’t gesê hy wil ʼn Lotto-kaartjie ook koop, die ry kan nogal lank raak.”
Ek pak toe die hout maar Pa moet die blitz ook bring, toe sien ek Oom Greg kyk rond. “Hy’s nog binne die huis, gooi sommer Stroh.”
Ek gooi toe mildelik Stroh oor die hout en steek die vuur aan. Die Stroh brand mooi. Die wind waai nie en die reuk van rum hang duidelik in die lug. Gelukkig steek Oom Greg toe ʼn Lexington aan.
Donald praat toe kak die res van die aand en vertel my sommer hy sal my gym toe vat om my lyf reg te kry. Ek het ook Stroh gedrink so toe stem ek in om Saterdag saam hom gym toe te gaan.
Ek sal volgende keer skryf oor die gym, maar ek kan sê, dit was kak.
PS. Laat die aand het Donald in die kombuis gewys hoe moet mens pose as jy aan ‘n bodybuilding kompetisie deelneem, toe neem Oom Greg hom af.
Lucille het weer ʼn boyfriend. Donald Hugo is die vent se naam. Hy is die grootste doos ooit.
Maandagaand na werk was ek besig om te oefen. Ek het ʼn rukkie op die oefenfiets gery om op te warm en toe 49 opstote en 42 sit-ups gedoen en toe op die bankie gaan lê om met die gewigte te oefen. 40 kilogram, 20kg aan elke kant.
Ek dink nie dit is enigsins nodig om meer as 40kg te kan optel nie. As iets swaarder as 40kg weeg, dan roep jy jou tjomma om te kom help dra. (Behalwe nou as jy sopas getrou het en jou vrou by die deur in dra na die bed toe, dan roep jy nie jou tjomma om te help dra nie.)
Led Zeppelin se musiek help my oefen en so tussen die musiek deur het die deurklokkie hoor lui toe ek die 40kg vir die vyfde keer op gebewe het. Ek glo ook dis nooit nodig om 40kg meer as vyf keer op te tel nie, as jy moet, roep jy twee tjommas om te kom help dra of jy kry ʼn forklift of ʼn trollie.
Die volgende oomblik toe dryf die gewigte in die lug. Ek was so geskok ek dag dit was dalk nagevolge van die dagga wat ek in Std. 8 een keer gerook het, maar toe sien ek daar staan ʼn muscle-monkey langs die bankie en hy het die ysterstaaf met een hand beet en hou dit in die lug bokant my vas.
Hy staan langs Lucille. Hy het dieselfde kak haarstyl as daai ou van Die Antwoord. Hy lyk vir my in die veertigs en ek kan aan sy gesig sien in die verlede moes hy ‘n aaklige probleem met aknee gehad het. Lucille giggel en hy stel homself voor as Donald Hugo. Hy gee haar toe ʼn drukkie en ʼn tongsoen. Ag nee fok! Haar boyfriend. En ek het so gehoop na die karate-attie dat sy klaar is met wankers.
Die vleiskop loop toe na my system toe, maak die Blu-ray speler oop, haal die CD uit en stamp die laaitjie hard toe dat ek hoor hoe krap ratte daarbinne iewers. “Sal die CD later bring ek wil dit vir my op tape sit,” sê die krag-aap en loop saam met Lucille uit.
Op tape? Watse mak gorilla in 2011 copy ʼn CD na ʼn tape toe?
Ek loop toe maar buitekant toe waar pa en Oom Greg aan die Opel werk. “Kom ons traai die fan belt van onder af stywer stel,” hoor ek pa sê. “Bring die domkrag.”
“Ek sal gaan haal,” sê ek en loop huis se kant toe. Ek kry vir Lucille en Vleiskop in die kombuis. “My Pa roep jou,” sê ek vir hom. Lucille rol haar oë en mompel iets van sy is al groot genoeg.
Vleiskop loop toe saam tot by die Opel. “Waar’s die domkrag?” vra Pa ongeduldig.
“Hier staan hy,” sê ek toe en tik vir Vleiskop op sy bors. “Kom, tel die kar op.”
Maar hy tel toe nie die kar op nie. Hy verduidelik toe iets van daar is nie vatplek nie en as hy die kar aan die bumper optel, gaan die bumper buig.
“Maar jy het genoeg krag en vatplek om my Blu-ray speler se klein laaitjie op te fok, jou nat naai,” sê ek toe saggies dat net hy kan hoor.
“Chill man dis net ʼn joke,” sê hy my terug en ek gaan haal toe die domkrag in die garage en help vir Pa en Oom Greg verder.
Toe ons klaar is, het Vleiskop en Lucille al iewers heen gegaan, maar Ma het hom genooi vir ʼn braai Woensdag. So vanaand sien ek hom weer. Of dalk moet ek eerder by Neels en Abi gaan kuier.
Daar is baie kak gewoontes soos in die neus krap, rook, naels kou, draadtrek by die werk, nie flikkerligte gebruik as jy bestuur nie ensovoorts.
Die kakste een is seker, nee wag dis nie net kak nie, dis sommer retarded. Verkleinwoordjies.
As jy in die Poskantoor of iewers is en jy moet jou adres invul.
“Sal meneer die vormpie invul…”
Dan vul jy die vorm in en gee dit terug. “Het meneer ʼn posbussie of die posadressie dieselfde as die woonadressie?”
(Ek dink nie daar word eintlik meer Afrikaans in die Poskantoor gepraat nie, maar dit is maar net ʼn voorbeeld.)
Jy bel die versekering want jy wil jou dubbelkajuit verseker. “Watter jaar is die karretjie?”
“Dit is ʼn bakkie, 1987 model.”
“En die fabrikaat van die bakkietjie?”
“Toyota.”
“Het die Toyotatjie ʼn ratslotjie?”
Dan kry mens diegene wat nog “ou” ook byvoeg.
“Vul die ou vormpie in.”
“Nog net die ou handtekeningetjie hier.”
“Onthou ʼn ou bewysie van die woonadressie nie ouer as drie maandjies nie.”
Hene fok dit is kak retarded…
Warning: Oral sex can cause throat cancer.
That was the warning from the SA Dental Association yesterday.
Professor Andre van Zyl, of Pretoria University’s School of Dentistry, said: “If you’ve had six or more oral sex partners in your life, you’re 10 times more likely to get oro-pharyngeal cancer.”
At first, the cancer, which can also be caused by smoking or alcohol, looks like a sore inside the mouth or throat. If undetected, it can spread to the tongue, tonsils and the back of the throat until it is difficult to eat or talk.
In the late 1980s, people were told that they could not contract HIV through oral sex, which made it more popular, said Van Zyl.
Oral sex not as safe as it’s made out to be.
Our lager
Which art in barrels,
Hallowed be thy drink.
I will be drunk
At home as I am in the pub.
Give us this day our foamy head
And forgive us our spillages,
As we forgive those who topple against us.
And lead us not into incarceration
But deliver us from hangovers.
For thine is the beer
and the ale
and the lager, forever and ever.
Barmen
Die winkel doen goed. Saterdag was baie besig en ons moes net bontstaan. So tussen klante bedien en die regte partnommers opsoek, hoor ek die klante praat van iemand wat irriterend is die parkeerterrein. Ek dag toe maar dis die gewone karwag. Hier en daar vang my ore toe iets anders. Iemand wat praat van ʼn vakansie in die Bahamas en beslis die funksie bywoon en ʼn ander wat sê dit is tydmors en so aan.
Toe ek lunch vat hier teen twaalfuur en gou buitekant gaan rook, sien ek Frikkie nader al die mense in die parkeerterrein. Ek staan toe nader om te kan hoor en beter te kan sien waarmee hy besig is want ek sien eenkant in die hoek onder die enigste boom is Mrs. Mildred besig om boeries te braai en koeldrank in polistireen bekers te gooi.
Frikkie nader die mense, nee wag, hy “corner” hulle en dan hou hy ʼn pak kaarte uit. Hulle moet een kies. Hulle vat dan ʼn kaart en dan wens Frikkie hulle geluk. Die een wat die kaart getrek het, staan ʼn “baie groot” kans om ʼn vakansie in die Bahamas te wen en ander groot pryse.
Die eerste wat hulle kry, is ʼn kwart boereworsrolletjie en ʼn bietjie koeldrank. Nog voordat hulle gehap het aan die boerie het Frikkie al klaar uitgevind of hulle kredietkaarte het en wat hulle inkomste is en dan praat hy heeltyd oor wonderlike vakansies ook.
Die gelukkige mense word dan eksklusief uitgenooi na ʼn funksie in ʼn sportsentrum se saal hier naby. En hulle moet onthou hulle is onder geen verpligting nie.
Die winkel was egter besig en ek moes weer gaan werk, maar het darem die adres en tyd gehad.
Presies om sesuur Saterdagmiddag is ek toe ook daar. Daar is klomp stoele en tafels met kak eetgoed soos knoffelpolonie en moer cheap hoervoer vonkelwyn.
Frikkie het egter sy “army” gereed. Ses verkoopspersone wat nie kak vat nie en ook nie bang is om die mense te intimideer nie. Liegstories en half bedekte dreigemente en beelde van tropiese strande loop hand aan hand.
Die “Exclusive Dream Getaways Holiday Guild” vakansieskema word verkoop. R1600 nou dadelik en dan R450 per maand vir die goedkoopste pakket. Jy kan enige tyd kanselleer. (Die fynskrif onder aan die fynskrif sê jy verbeur die eerste betaling indien jy kanselleer. Fok die Consumer Protection Act.)
Die vakansie in die Bahamas ter waarde van $2100 is ook eintlik drie vakansies ter waarde van $700 elk, kom ek agter nadat ek die fynskrif se fynskrif se fynskrif gelees het. En dit sluit net die verblyf in.
Nou wie de fok wat in Suid-Afrika bly sal ooit Bahamas toe gaan as jy $700 se verblyf verniet daar kry? Die vlugkaartjies en al daai sal jou mos derduisende rande uit die sak jaag. En watter tos kak verblyf kry mens vir $700 per week vir vier persone in die Bahamas?
Frikkie moes ʼn hele paar duisend rand ingesamel het, want die kaartmasjien was nogal besig soos hy mense se kredietkaarte geswipe het.
Die lagwekkendste van alles was die foto van Mrs. Mildred met ʼn groot hoed op, wat op ʼn spierwit strand staan met die blou see agter haar en palmbome wat ʼn mooi raampie vorm. Die vorige wenner. Kak Photoshop job.
Ek is ook seker die dag as jy jou punte by “Exclusive Dream Getaways Holiday Guild” wil gebruik, is daar nooit verblyf beskikbaar nie want jammer, die plekke is vol bespreek en word daar vir jou gesê om maar later weer te probeer.
Hoeveel mense betaal vir kak soos die? Nogal baie, dink ek.
Ek het van die begin af gesê Frikkie met sy gladde bek is ʼn skelm. Watch mooi, een van die dae gaan sy kak hom inhaal en gaan hy verdwyn. Ek hoop hy word gemoer.
Pa en Oom Greg het gesê hulle sal kyk dat daar nie skuld of so iets in Mrs. Mildred se naam gemaak word nie.
Lucille het ook gesê as niemand kyk nie, trek Frikkie haar met sy oë uit. Dalk moet Frikkie een aand per ongeluk in ʼn lamppaal of ʼn boom vasloop…


http://www.sake24.com/Maatskappye/Nywerheid/Petrolprys-kan-heelwat-daal-20111121