Terwyl daar nou oproepe opklink dat blankes welvaartbelasting moet betaal en almal vanaf Tutu tot Boesak die idee ondersteun, is daar natuurlik twee kante van ʼn saak.
Swartes moet welvaartbelasting betaal.
Wat!?
Hulle het dan gely onder Apartheid en is die voorheen benadeeldes.
Ja.
Daar word vergeet wat die blankes alles gegee het voor en na 1994. En die demokrasie is besig om volwasse te word. 2011-1994=17. Die tyd vlieg. En tans word blankes benadeel deur rassistiese wette soos Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie.
Wat het die blankes bygedra?
Begin sommer by die Weermag. Die Nuwe Suid-Afrika het ʼn formidabele weermag gekry. Verniet. ʼn Bate ter waarde van biljoene rande. Saam met kennis en ondervinding. Hoogs opgeleide offisiere en uiters bekwame onderoffisiere het aangebly, gereed om hulle kennis tot voordeel van die nuwe SANW aan te wend.
Vandag is die toerusting verwaarloos, die troepe laks en neem deel aan stakings, ʼn groot persentasie van die soldate HIV positief, wapens verloor en gesteel, eenhede verwaarloos, baie van die kennis uit die Mag verdryf deur voorkeur gee aan en voortrekkery van swartes.
Landsgrense wat beskerm was. Dit is onder die nuwe bedeling wat daar miljoene onwettige immigrante in Sui-Afrika in gestroom het. Onwettige immigrante wat ʼn swaar las op Suid-Afrika se hulpbronne en infrastruktuur plaas en Suid-Afrikaners ontneem van basiese dienste, werk en gesondheidsorg ensovoorts.
ʼn Polisiemag met kennis en vaardigheid oor hoe om misdaad hok te slaan en ʼn regstelsel wat gewerk het en respek afgedwing het. Weereens ʼn bate van nie net biljoene rande nie, maar ook van onskatbare waarde, naamlik veiligheid en vryheid.
Vandag is die regstelsel ʼn grap, polisielede slaap die tyd verby, omkopery, Selebi, korrupsie…
Infrastruktuur om elektrisiteit te voorsien. Werkend. Onbevoegdheid het die probleme met Eskom veroorsaak.
Watervoorsiening. Die infrastruktuur was werkend. Weereens het die wegjaag van kundige persone probleme veroorsaak.
ʼn Padnetwerk. Biljoene rande se padoppervlaktes is in die Nuwe Suid-Afrika nie onderhou nie en het verval. Weereens bates wat die huidige regering laat verval het.
Gesondheidsorg. Dink maar aan die wêreldbekendheid van die Baragwanath hospitaal. Hartoorplantings. Wêreldklas. Deesdae ʼn gemors.
Goeie skole. Selfs die wat afgebrand was, is keer op keer vervang. Kinders het dissipline gehad.
En asof dit nie genoeg is nie, is duisende plaasboere vermoor en het die regering baat gevind uit die boedelbelasting wat aan hulle oorbetaal is.
Daar kan nog baie genoem word wat die blankes gegee het.
Blankes het genoeg gegee. Blankes het oor en oor gegee en gee nog steeds.
Swartes het die afgelope dekades voordeel getrek uit rassistiese wetgewing wat hulle op grond van velkleur bevorder het en nog steeds bevorder.
Dit is die swartes wat moet besef hulle kan nie heeltyd net vat en verniet kry nie, maar dat hulle wat vandag voordeel trek, omdat hulle swart is, hulle voordeel teen ʼn premie sal moet kry – ekstra belasting wat aan die armes gegee kan word.
Die balans wat moet herstel word, is nie blankes wat moet gee en swartes wat moet ontvang nie. Swartes ontvang meer as wat hulle moet, en daarom moet hulle ekstra welvaartbelasting betaal aan hulle broers en susters wat niks het nie en wat gebuk gaan onder armoede en korrupsie en VIGS en en en…
Korrupsie en swak bestuur en vrot kennis en ʼn vrot regering vreet meer op as Apartheid en anders as die blankes wat meer as genoeg bygedra het, dra al hierdie dinge niks by nie en word dit ook nie hok geslaan nie.
Blankes en Apartheid kan nie meer blameer word nie. Dit is tyd om op te hou om te vat en net alles verniet wil hê en bakhand te staan, en om te begin skep (maak, nie soos pap skep nie), sodat nuwe geleenthede ontstaan wat tot voordeel van almal kan wees.
http://www.sake24.com/Maatskappye/Nywerheid/Petrolprys-kan-heelwat-daal-20111121