</head>

Eendag lank, lank gelede…

Was die strate skoon en die sypaadjies netjies. Die tuine was pragtig en goed versorg.

Die mense het in die aande gestap sonder om bedreig te voel. Hulle het gelag en gesels. Kinders wat tot skemer speel en baljaar. Verliefde paartjies wat hand aan hand loop. Oumense wat op die stoep sit en kyk hoe die son ondergaan.

Die treine was onderhou en treinry was lekker. Busse het gereeld gedreun.

Die kinders het sommer die buitekraan oopgedraai en water uit die tuinslang gedrink. Deure is oop laat staan om die wind in die huis in te nooi.

Daar was nie borrelende riool in die strate, verkragting, verminking, roof, moord en ʼn barbaarse plundery op groot skaal nie.

Staatsgeboue was nie deur gatte getrek en alles laat verval tot erger as ʼn krot nes nie. Sunnyside het nie na pis geruik nie.

Munisipale bestuurders het kennis gehad en was goed opgelei. Die beste kandidaat het die beste werk gelewer.

Blou ligte was bo-op ʼn geel bakkie en die manne in blou het hulle werk toegewyd en na die beste van hulle vermoë gedoen. Elke windgat bliksem en sy maat het nie ʼn blou lig gehad nie.

Misdadigers het wye draai geloop en fyn getrap. Die arm van die gereg was sterk en lank.

Pretoria is nie meer nie. Lankal nie meer nie. Verander die fokken plek se naam na Tshwane toe en kry klaar. Selfs hoere verander hulle name want hulle weet jou naam pas by wat jy is en wat jy doen.

You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.
One Response
  1. Marius says:

    ek dink dis glad nie ‘n slegte idee om Pretoria se naam te verander na tshwane – of enige iets anders for that matter – nie – want wat vandag daar gesien word en hoe dinge uitmekaarval – is nie die Pretoria wat ons geken het nie !

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>